Tannie Janet se Storiehoekie

Stories om saam te luister, lees en beleef.

Begin gratis met Janet se eie voorlesing van Waldo die Walvis. Die Storiehoekie groei met nuwe verhale vir kurrikulumlede.

Diere van die Bybel: Waldo die Walvis deur Janet Kieswetter
Luister gratis

Waldo die Walvis

Ontmoet Waldo en luister hoe Tannie Janet self die verhaal vertel. Sit gerus saam, of speel die storie wanneer julle rustig wil raak.

Die geïllustreerde saamleesboek, aktiwiteitsboek, saamsingliedjie en speletjie is deel van Waldo se volledige pakket. Kry dit gedurende Oktober gratis met ’n profiel, of geniet dit as aktiewe kurrikulumlid.

Bekyk die kurrikulum
Waldo se wêreld

Meer as net ’n oudiostorie

Luister saam

Janet se volledige voorlesing bly gratis beskikbaar.

Lees en gesels

Die geïllustreerde verhaal en vrae gee ruimte vir gevoelens, nuwe woorde en verskillende standpunte.

Speel en kleur

’n Drukbare aktiwiteitsboek bring Jona, Waldo en die see na die kombuistafel.

Vir kurrikulumlede

’n Storiehoekie wat saam met julle groei

Waldo se volledige lees- en speelervaring word deel van aktiewe Graad R- en Graad 1-kurrikulumlidmaatskap. Nuwe stories word gereeld bygevoeg vir lede om te geniet.

Tot 31 Oktober 2026 kan elke gesin met ’n gratis profiel Waldo gratis by My Sitkamer voeg. Daarna kos Waldo R99 eenmalig vir gesinne sonder lidmaatskap. Toekomstige Waldo-byvoegings bly ingesluit.

Kry Waldo gratis